250g-Kaptein se Moer Koffie
Kaptein se Moer Koffie is meer as net koffie – dis ’n storie in elke koppie. Geïnspireer deur die dae toe die Kaptein met sy ossewa na Lourenzo Marks getrek het en Arabika-koffiebone op die hawe verruil het, bring hierdie Gold Roast gemaalde koffie daardie ryk tradisie terug kombuistoe.
By die huis is die bone sorgvuldig gerooster en fyn gemaal om ’n sterk, vol geur te skep – die soort koffie wat mense om die kombuistafel laat sit, luister en stories laat groei. Groot en klein het aandagtig geluister terwyl die Kaptein se verhale, net soos sy koffie, elke keer ’n bietjie meer karakter gekry het.
Kaptein se Moer Koffie het ’n diep, afgeronde smaak wat perfek is vir enige tyd van die dag.
Die beste dae begin en eindig met Kaptein se Moer Koffie.
Produkbesonderhede:
Gewig: 250g
Tipe: Gemaalde koffie
Koffiebone: Arabika
Smaakprofiel: Sterk, vol en ryk
Geniet tradisie, karakter en krag – een koppie op ’n slag.
Visit the AXL Outdoor store in 13 Kingfisher Crescent, Okavango Park, Brackenfell, 7560 to see the full range of equipment.






















